OUTA het ‘n beroep gedoen dat Sharma nie borgtog kry nie

Die borgtogaansoek van die omstrede sakeman, Iqbal Sharma, wat bande met die Guptas het, word vandag in die Bloemfonteinse landdroshof voortgesit, nadat dit gister uitgestel is weens die feit dat Sharma ‘n beëdigde verklaring laat ingedien het.

Luidens berigte moes die staat die verklaring eers verifieër omdat dit buitelandse inligting bevat wat nagegaan moes word.

Soos vroeër berig word Sharma en drie ander verdagtes beskuldig van bedrog, korrupsie en geldwassery van R24,9-miljoen.

Sy drie mede beskuldigdes is reeds op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Intussen het OUTA ‘n beroep gedoen dat Sharma nie borgtog kry nie.

OUTA se hoof van regsake, Stefanie Fick sê hulle is van mening dat Sharma die verhoor sal ontduik indien borgtog toegestaan word.

Luister na potgooie hieronder