Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, is beïndruk met die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, vir sy ondersoeke oor korrupsie by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die lugdiens het ineengestort weens growwe en buitensporige plundering. Die SOE het hierdie week ‘n verslag oor sy bevindings by die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge ter tafel gelê. Outa se Stefanie Fick het gesê die organisasie verwelkom die SOE se ondersoekwerk en pogings om korrupte kontrakte te stop en fondse wat gesteel is terug te kry. Fick het gesê hulle verwag dat diegene wat geïmpliseer is, vervolg sal word en as misdadigers verklaar sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×