Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het sy kommer uitgespreek oor infrastruktuurontwikkelingsprojekte in die land. Dit kom nadat die ouditeur-generaal die parlement hierdie week ingelig het oor die nasionale en provinsiale oudituitkomste vir die 2022/23-boekjaar. Die verslag toon dat 68 persent van die projekte vertraag is en 51 persent hul begrotings oorskry het gedurende hierdie tydperk. Dit wys ook dat wanadministrasie en korrupsie steeds floreer in die departemente wat vir hierdie projekte verantwoordelik was. Outa se Wayne Duvenage het gesê dit is ‘n wesenlike probleem, aangesien dit swak beplanning en ‘n gebrek aan behoorlike leierskap aandui.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×