Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, Outa, sê Suid-Afrikaners moet bekommerd wees as lede van die Parlement (LP’s) wat van korrupsie aangekla word, terugkeer om
setels in die huis te beset. Dit volg op berigte dat die voormalige minister van Kuns, Sport en Kultuur, Zizi Kodwa, ingesweer gaan word as ʼn LP.
Kodwa het vroeër vandeesmaand in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie. Die uitvoerende direkteur van OUTA, Wayne Duvenage, sê die terugkeer van Kodwa na die parlement sal ‘n terugslag in die stryd teen korrupsie wees.