Die organisasie teen belastingmisbruik (OUTA) sê die parlement se onvoldoende toesig laat Suid-Afrikaners steeds in die steek.
Outa het sy sesde jaarlikse parlementêre oorsigverslag vrygestel, wat 11 portefeuljekomitees in die Nasionale Vergadering beoordeel het.
Volgens die verslag was die vorige administrasie se toesig tragies, aangesien dit nie daarin geslaag het om disfunksionele ministers tot verantwoording te roep nie.
OUTA se parlementêre betrokkenheid en navorsingsbestuurder, Rachel Fischer, sê die verslag het ook bevind dat lede van die parlement oorval is met werk en beperkte hulpbronne het.
Fischer voeg by dat korrupsie, wanbestuur en diensleweringsuitdagings van die hoofbekommernisse van die vorige administrasie is.