Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het die regering se besluit om nie die geldigheid van die bestuurslisensiekaart van vyf tot agt jaar te verleng nie, gekritiseer. Die voormalige minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het in 2022 aangedui dat ‘n nuwe kaart getoets sal word en dat die geldigheidstydperk van vyf jaar tot agt verleng sal word.

Die Padverkeersbestuurskorporasie se hoof, Makhosini Msibi, het aangedui dat verskeie ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie verband hou met swak sig wat gereelde oogtoetse noodsaaklik maak. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê hulle het geen navorsing gevind om Msibi se stelling te ondersteun nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×