Die organisasie teen belastingmisbruik, of Outa, het ‘n strafregtelike klagte teen die uitvoerende hoof van Nsfas, Andile Nongogo, ingedien oor ‘n tender van R40 miljoen wat in 2016 aan ‘n onderneming toegeken is vir die ontwikkeling en vervaardiging van Sseta se handelsmerke. Sseta, die Onderwys-en opleidingsowerheid vir die dienstesektor, het glo R44 000 vir ‘n sambreel en R4600 per T-hemp betaal nadat die betalings vir die tender deur Nongobo goedgekeur is. Nongobo was ‘n voormalige uitvoerende hoof van Sseta. Netwerk24 het Nsfas om kommentaar genader en of daar teen Nongobo opgetree gaan word, maar geen reaksie is nog ontvang nie.
