Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê die SAUK-wetsontwerp moet aan die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie teruggestuur word.
Volgens Outa slaag die wetsontwerp nie daarin om die uiters kritieke kwessie van die finansiële volhoubaarheid van die uitsaaier aan te spreek nie.
Die regering se inmenging in die SAUK se finansiële bestuur, asook sy operasionele bedrywighede, word volgens Outa deur die wetsontwerp uitgelig.
Hy sê hoewel die regering ‘n alternatiewe befondsingsmodel oorweeg, is daar baie vrae oor hoe lank dit sal neem om ‘n alternatief te identifiseer en te implementeer.
Outa se senior regsprojekbestuurder, Andrea van Heerden, sê die aangeleentheid veroorsaak geweldige vertragings in die poging om sake by die SAUK om te keer.