Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê dit is teleurgesteld dat die regering versuim om die besluit om e-tol te skrap deur te voer.

Volgens Outa het die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, bevestig dat die e-tolskema einde Desember verlede jaar gedeaktiveer sal word.

Lesufi het ook die moontlikheid genoem om R6,8 miljard terug te betaal aan diegene wat reeds betaal het.

Motoriste in Gauteng worstel egter steeds met die stelsel.

Outa se Stefanie Fick sê die irrasionele e-tolstelsel het ‘n onregverdige finansiële druk op burgers geplaas, en tog het die regering nie daarin geslaag om dit te beëindig nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×