Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die OVK moet sy stelsels ter voorbereiding van die plaaslike verkiesing hersien. Dit kom nadat sekere politieke lede dreigemente van boikotte en moontlike onrus gemaak het, om die uitslag van verlede week se algemene verkiesing te betwis.

Outa sê dit is noodsaaklik dat mense ook die positiewe aspekte van koalisieregerings raaksien, aangesien dit moontlik vir ‘n aansienlike tydperk die norm kan wees. Die organisasie se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê koalisies moedig deursigtigheid en aanspreeklikheid aan, omdat partye moet saamwerk om die land doeltreffend te kan regeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×