OUTA spreek hom sterk uit teen die regering se voorstel vir ‘n nuwe Maatskaplike Sekerheidsfonds

Die regering se voorstel vir ‘n nuwe Maatskaplike Sekerheidsfonds wat voorsiening sal maak vir mense se aftrede, ongeskiktheid en werkloosheid kry sterk teenkanting van vele kante. Die Groenskrif is Woensdag in die Staatskoerant gepubliseer. Die jongste is dat die Organisasie teen Belastingmisbruik OUTA hom sterk uitgespreek het teen hierdie voorstel. Die Nasionale Tesourie sê die doel van die plan is om werknemers te vra om tot 12 persent van hul salarisse by te dra tot die sekerheidsfonds ten einde die maatskaplike sekuriteitstelsel te verbeter. OUTA se bestuurshoof, Wayne Duvenhage, sê die regering moet eerder werk skep om armoede te verlig. Hy sê enige verpligte fonds wat deur die regering bestuur word laat die gevaarligte flikker. Duvenhage sê die besparingskoers in die land is laag en mense wat hulsef nie kan befonds nie, moet in elkgeval op staatshulp staatmaak.

Luister na potgooie hieronder