Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy sal die aanstelling van ’n administrateur vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, fyn dophou.

Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, het die direksie gister ontbind en planne aangekondig om Nsfas onder administrasie te plaas. Dit beteken dat ‘n individu wat as die administrateur optree, die direksie se pligte sal oorneem.

Outa se Rudie Heyneke sê hulle sal agtergrondondersoeke en omsigtigheidsondersoeke doen oor enige kandidaat wat deur die minister aangestel word. Heyneke sê hulle twyfel of die ingryping ‘n ommekeer van die hulpfonds tot gevolg sal hê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×