Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) het kommentaar gelewer op voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Andre de Ruyter, se korrupsiebewerings.

In ‘n onlangse TV-onderhoud het De Ruyter onthul dat georganiseerde misdaad, waarby ministers glo betrokke was, Eskom sowat een miljard rand per maand kos.

Die groep sê die ANC moet die bewerings ernstig opneem.

Uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage, sê president Cyril Ramaphosa moet beslissend optree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×