Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, doen ‘n beroep op die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, om die geldigheidstydperk van bestuurderslisensies te verleng en die e-tolstelsel te skrap. OUTA sê hulle wil hê die tydperk van lisensies moet verleng word na 10 jaar in plaas van vyf. Intussen sê die uitvoerende hoof van die organisasie, Wayne Duvenhage, hulle verwelkom die minister se aankondiging dat planne in plek is om dienslewering aan motoriste te verbeter wanneer bestuurslisensiekaarte hernu word.
