Indien die voorgestelde outeursregwetgewing deur president Cyril Ramaphosa bekragtig word, sal dit volgens kritici, aan Suid-Afrikaanse outeurs die swakste outeursregbeskerming ter wêreld bied.

Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is deur die Nasionale Vergadering aanvaar. Dít ten spyte van heftige teenkanting van sekere van die land se voorste outeurs, verskeie drukgroepe, en opposisiepartye. Die ANC het sy meerderheid ingespan om die wetsontwerp te promoveer, terwyl die DA, EFF, VF Plus en die ACDP wal daarteen gegooi het.

Die ANC voer aan dat die wysigingswetsontwerp ten doel het om verouderde wetgewing te moderniseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×