In motorsportkringe is die Bloemfonteinse  Bitzer-gesin sinoniem met V8 Suid-Afrikaanse titels. Willie Bitzer het 37 SA-titels verower terwyl hy lank saam met Dries van der Merwe gewerk het. Van der Merwe is nog ‘n legende wat baie bekend is onder Suid-Afrikaanse ovaalbaan-wedren-geesdriftiges.

Willie het verlede jaar sy stryd teen kanker verloor, maar sy nalatenskap leef voort deur sy drie seuns wat saam reeds 29 SA-titels agter hul name het. Sy kleinkinders vaar ook baie goed in die sport. Daar is ook talle V8-motors wat hy gehelp bou het, wat steeds rondes op die ovaalbane doen.

Die Willie Bitzer “Memorial” wedren, wat môre middag by Bloem Ovaal gehou word, gaan dus die eerste wees. Ander renjaers van regoor die land, wat oor die jare met hom te doen gehad het, sien uit daarna om hierdie naweek deel te neem.

Dewald Trytsman sê, “die wedrenne begin Saterdag om 17:00 by die skougronde se ovaalbaan”.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×