Die verkiesingshof het politieke partye wat versuim het om geouditeerde finansiële state aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, te verskaf, beboet.

GroundUp berig dat die partye die regerende ANC, die ATM, die National Freedom Party en die Congress of the People insluit. Die partye is tussen 10- en 40-duisend rand beboet. Politieke partye word deur die Wet op Befondsing van Politieke Partye verplig om die geouditeerde finansiële state aan die OVK te verskaf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×