Die ATM het ’n beroep op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gedoen om op te hou om amptenare wat by sekere vakbonde geaffilieer is, in diens te neem. Die ATM-president, Vuyo Zungula, het gister aan die OVK se hoof- uitvoerende beampte, Sy Mamabolo, geskryf. Volgens die ATM is die indiensneming van lede van die onderwysvakbond Sadtu en die vakbondfederasie Cosatu ’n botsing van belange weens hul alliansie met die regerende party.