Die Konsititusionele Hof het gister ‘n appél aangehoor om oudpresident Jacob Zuma onverkiesbaar te verklaar. Die 82-jarige Zuma, wat die MK-party se nommer-een kandidaat is, kan moontlik ‘n groot ontwrigting in die nasionale verkiesing op 29 Mei meebring indien sy nuwe party groot getalle stemme trek.

AFP berig die OVK voer aan Zuma moet verbied word om aan die verkiesing deel te neem weens ‘n skuldigbevinding in 2021 oor minagting van die hof. Hy is 15 maande tronkstraf opgelê. Die hof moet nou oor die saak uitsluitsel gee nadat die kieshof in April in Zuma se guns beslis het. Zuma se regspan het gister gevra dat ses regters hul aan die saak onttrek, maar die aansoek is van die hand gewys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×