Die onafhanklike Verkiesingskommisie of OVK, het gevra vir ‘n polisieondersoek na bewerings dat die MK-party handtekeninge vervals het om te kwalifiseer om aan die verkiesing deel te neem.

Netwerk 24 berig Kate Bapela, OVK-woordvoerder, het gesê hulle neem kennis van mediaberigte wat beweer die party het bedrieglike handtekeninge ingedien as deel van die vereistes vir kandidaatbenoemings. Die OVK neem ook kennis dat ‘n strafregtelike klagte by die polisie aanhangig gemaak is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×