Eers die ma, en nou ook die pa, van ‘n veroordeelde tienerjarige massamoordenaar, is in die VSA op aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind.

Hulle seun, Ethan Crumbley, was vyftien toe hy in 2021 vier leerlinge by ‘n hoërskool naby Detroit doodgeskiet het. Maroela Media berig Ethan het die semi-outomatiese handwapen, waarmee hy geskiet het, as Kersgeskenk van sy pa gekry. In aanloop tot die skietery is sy ouers glo by herhaling gewaarsku dat daar iets met hulle seun se geestesgesondheid skort.

Dit is die eerste keer in VSA-regsgeskiedenis dat ouers van ‘n skoolskieter skuldig bevind word op aanklagte van strafbare manslag, vir misdaad wat deur hulle kind gepleeg is. Sewe leerlinge is ook in die skietery beseer. Ethan het skuld beken op aanklagte van onder meer moord en terrorisme, en dien reeds aan lewenslange tronkstraf uit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×