‘n 48-jarige tegnikus en offisier van die Voorslag-Voortrekkers in Bloemfontein, André Grobbelaar, is in ‘n motorongeluk oorlede.
Die ongeluk het volgens Netwerk 24 Woensdagmiddag op ‘n grondpad tussen Philippolis en Jagersfontein gebeur toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Hy is op die toneel dood verklaar.
Bertie Eimer, kommando-leier van Voorslag, het gesê die 48-jarige Grobbelaar was ‘n span offisier in die kommando en voor dit was hy sewe-jaar lank by die Universitas-kommando betrokke.
Willie Engelbrecht, hoof van die Voortrekkers in die Vrystaat, het aan Rosestad100.6 FM gesê die Voortrekker gemeenskap is in rou oor Grobbelaar se afsterwe.