Paasnaweekbesoekers wat Die Nasionale Krugerwildtuin besoek hierdie naweek sal help om die park se finansiële situasie te verbeter

Volgens Die Nasionale Krugerwildtuin sal die groot aantal toeriste wat die Wildtuin dié naweek besoek, help om die park se benarde finansiële situasie te verbeter. Lang rye voertuie het by die Krugerhek gewag om die Wildtuin binne te gaan. Weens die inperkingsmaatreëls is daar beperkings geplaas op die getal voertuie wat per dag toegelaat word. Die Wildtuin se bemarkingsbestuurder, Nhlanhla Themba sê die streng inperkingsmaatreëls verlede jaar het tot groot geldelike verlies gelei, maar dat die Paasnaweekbesoekers sal help om die situasie te verbeter. Themba sê covid-19 maatreëls word streng toegepas. Besoekers word aangeraai om gebruik te maak van die aanlyn besprekingstelsel.  

Luister na potgooie hieronder