Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het gister gesê padblokkades sal langs groot vervoerroetes landwyd opgerig word. Die stap gaan gedoen word om nog aanvalle op vragmotors te voorkom. Dit volg nadat sestien vragmotors sedert die naweek in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo op die land se hoofpaaie aan die brand gesteek is. Die vragmotor-bestuurders is eers beroof. Masemola het gesê hulle ondersoek die moontlikheid of die voorvalle met mekaar verband hou. Die skade aan die ekonomie kan tot soveel as R60 miljoen beloop, het KwaZulu-Natal se premier, Nomusa Dube-Ncube aan The Citizen gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×