As jy vir die Paasnaweek vanaf die binneland na KwaZulu-Natal reis, wees gewaarsku oor moontlike swaar reën, sneeuval en gevaarlike padtoestande.
IOL berig Rampbestuurspanne in KZN is op hoë gereedheid weens ’n koue front wat volgens die SA Weerdiens oor die naweek deur die provinsie beweeg.
Die LUR vir vervoer, Siboniso Duma, sê padgebruikers moet oplettend wees vir weerveranderinge en gereeld weerverslae monitor.
Padverkeerspanne sal verkeer dophou op roetes soos die N3 naby Harrismith, Mooirivier en die Tugela-tolhek, asook die N2.
Padsluitings kan ingestel word indien nodig.