Die Suid-Afrikaanse Padongelukfonds sê dit is die prokureurs wat begunstigdes verteenwoordig, wat die skuld moet kry vir enige vertragings met die uitbetaal van eise. Die fonds het nou die Drive Your Claim Forward-veldtog van stapel gestuur, in ‘n poging om die agterstand van 321 000 eise weg te werk.
Die padongelukfonds sê by monde van McIntosh Polela, die fonds werk dag en nag, om enige eis binne 120 dae af te handel. Die fonds doen ’n beroep op alle eisers om enige uitstaande dokumente in te dien, ten einde die verwerking van eise te bespoedig.