Tot soveel as 14 000 mense sterf jaarliks op die land se paaie. Mkhuleko Hlengwa, adjunkminister van vervoer, sê benewens die tragedie van lewensverlies, het padongelukke en -sterftes ook ‘n direkte impak op die reeds sukkelende ekonomie.
Hlengwa het aan leerlingbeamptes by die Padverkeersbestuurskorporasie se verkeeropleidingsakademie by Denel College gesê dat hulle werk ‘n belangrike skakel in die sosio-ekonomiese welvaartketting is.