Die dodetal in die busongeluk op die N3 tolpad tussen Heidelberg en Villiers in Mpumalanga het tot nege gestyg. Drie mense is ernstig beseer, terwyl die ander minder enrstige beserings opgedoen het. Volgens die verkeersowerhede het die ongeluk vanoggend omstreeks vyfuur gebeur toe die bestuurder van die bus beheer oor die voertuig verloor en dit by ‘n brug afgestort het. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe het sy skok oor die lewensverlies op paaie uitgespreek.  En daar is steeds verkeersopeenhopings op die N3 suid by Pietermaritzburg na gister se botsing waarin sestien mense dood is. Die pad is intussen vir verkeer oopgestel en verkeer begin vloei. Die N3 is gister gesluit toe talle voertuie en vragmotors in ‘n botsing betrokke was. Verkeersopeenhopings kom ook voor onderweg na die Mooirvier tolplaza. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×