Dit het aan die lig gekom dat al hoe meer prokureurs eisers van die Padongelukkefonds (POF) uit hul geld swendel. Volgens Primedia is ’n algemene metode glo om kontant aan kliënte te leen, om lewenskoste te dek terwyl hul eis afgehandel word.

Die geld moet dan terugbetaal word met buitensporige rente uit hul POF-vergoeding.

Die praktyd, wat reeds hoogty vier, groei steeds volgens McIntosh Polela, die POF se kommunikasiehoof.

Hy voeg by dat eisers versigtig moet wees en nie gedwing moet word om hierdie lenings-ooreenkomste te onderteken nie.

Die Fonds moedig alle eisers aan om sy kontaksentrum te skakel vir meer inligting oor die eisproses, die status quo van hul eise asook die bedrae wat aan hul prokureurs betaal is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×