Die Padongelukkefonds sê hy het die afgelope drie jaar daarin geslaag om bedrog van sowat R2,6-miljard te verhoed.
SABC-nuus berig die instelling het vroeër die week aangedui dat hy die spesiale ondersoekeenheid en die departement van Gesondheid sal bystaan in ondersoeke na bedrieglike mediese eise.
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het die afgelope naweek bekend gemaak dat daar sedert 2015 ‘n toename was in eise teen gesondheidsdiensverskaffers.
Die Padongelukkefonds sê daar is raakpunte tussen die ongerymdhede by die departement van Gesondheid, en ongerymdhede by die fonds, en die vermoede bestaan dat meer bedrog oopgevlek kan word in ‘n gesamentlik ondersoek by die POF en die departement.