Terwyl die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer erken dat meeste paaie hier verby hul sogenaamde “rakleeftyd” is, gaan die departement in die aanloop tot die
Feeseisoen bid dat padgebruikers veilig op die paaie sal wees.

Die Volksblad berig voorts William Bulwane, LUR, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Bloemfontein gesê twee gebedsessies word gereël – een in die noorde en een in die suide van die provinsie.

Bulwane het ook sy skok en afgryse oor die ongeluk tussen Bothaville en Viljoenskroon uitgespreek waarin vyf mense Maandag dood is toe twee voertuie reg van voor teen mekaar gebots het.

‘n Padveiligheids-kerkdiens word op 17 Oktober in Rouxville gehou, en op 20 Oktober in Parys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×