PADWEDLOPE: Die organiseerders van die Comradesmarathon het ingestem om die eerste afsnypunt by St. Johnslaan in Pinetown te verwyder.

Hulle het talle versoeke ontvang weens die tyd wat dit duur om oor die wegspringstreep te kom met die padwerke in Sherwood wat die atlete dwing om hulle tempo in die eerste helfte van die wedloop aan te pas.

Vanjaar se op-marathon  van Durban na Pietermaritzburg op die  9de  van volgende maand beteken aanhoudende opdraendes oor die eerste 38 kilometer waar atlete stadiger moet wegspring om energie te spaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×