Pakistan het selfoondienste in die land tydelik opgeskort as deel van sy veiligheidsmaatreëls vir die verkiesing.

Dié stap is gedoen te midde van ‘n toename in militante aanvalle in die aanloop tot vandag se verkiesing. Die ministerie van Binnelandse Sake sê veiligheidsmaatreëls is noodsaaklik om wet en orde te vereker.

Soldate en paramilitêre personeel is landwyd ontplooi. Gister is 26 mense dood in ontploffings naby verkiesingskantore in die suidweste van die land.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×