Die status van die Panamakanaal is nie onderhandelbaar nie, het president Jose Raul Mulino in ‘n verklaring, wat saam met voormalige leiers van die land onderteken is, gesê.
Dit ná Donald Trump se onlangse dreigemente om die mensgemaakte waterweg terug te eis. Primedia berig die verkose Amerikaanse president het die naweek onregverdige fooie vir Amerikaanse skepe wat deur die Panamakanaal vaar, gekritiseer.
Hy het ook gedreig hy sal eis dat beheer oor die waterweg na Washington teruggegee word.
Volgens Mulina behoort elke vierkante meter van die Panamakanaal en sy aangrensende gebiede aan Panama en dat dit so sal bly. Hy voeg by die kanaal is deel van hul geskiedenis van stryd, en ’n onomkeerbare verowering.