Suid-Afrika sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die bestaan van die Palestynse volk te bewaar. Dit is volgens die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, dokter Naledi Pandor.

Pandor het vroeër in Rusland gepraat tydens ‘n tweedaagse vergadering wat gefokus is op huidige internasionale betrekkinge, globale bestuurshervorming en konflikoplossing. Sy sê Suid-Afrika verwelkom die bevel van die Wêreldhof wat Israel beveel om militêre optrede in Rafah te staak. Pandor het ook die land se steun vir die volle lidmaatskap van Palestina as ‘n lidstaat van die Verenigde Nasies herhaal.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×