Doktor Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, verwelkom die Verenigde Nasies se resolusie om ‘n wapenstilstand in Gasa vir Ramadan te vra.
Pandor sê egter die VN behoort ook te werk aan die implementering van ‘n permanente wapenstilstand. Pandor verduidelik sekere oogmerke van haar besoek aan Amerika.
LEES MEER: Israel sê 50 Palestyne sterf binne 24 uur in hospitaalgevegte
Rosestad-nuus het vroeër berig Israel is uiters ontevrede dat die VSA buite stemming gebly het, eerder as om die wapenstilstand-voorstel teen te staan. BBC berig die Palestynse VN-verteenwoordiger, Riyad Mansour, sê meer as 100 000 Palestyne moes eers vermoor en vermink word, voordat die raad uiteindelik nou ‘n onmiddellike wapenstilstand eis.