Dit is die plig van elke welvarende land, om toe te sien dat die nodige humanitêre hulp aan mense in die beleërde Gasastrook voorsien word.

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het hierdie beroep op gegoede lande gedoen terwyl sy gasheer was vir haar Deense eweknie, Lars Løkke Rasmussen. Sy hou vol dit blyk die enigste manier te wees om Gasa van die nodige hulp te voorsien.

Pandor sê al meer kinders sal honger ly, en al meer babas sal met ernstige gesondheidsprobleme gebore word, sou Gasa nie die nodige humanitêre bystand ontvang nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×