Suid-Afrika skaar hom, aldus minister Naledi Pandor, onbeskaamd aan die kant van Palestina in die bloedige Gasa-konflik tussen Israel en Hamas.

Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, of Dirco, eis nou dat Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, in hegtenis geneem moet word vir beweerde oorlogsmisdaad teen Palestyne.

Dit was gister presies een kalendermaand sedert die Palestynse militantegroep, Hamas, ‘n onverwagse aanval op Israel geloods het.

Nagenoeg 1 400 mense is in die aanval dood en meer as 200 Israeliese burgers is deur Hamas gyselaar geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×