‘n Nuwe variant van die korona-virus SARS-CoV-2, verprei tans vinnig regoor die wêreld.
Daily Maverick berig die JN.1-variant is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, van besonderse belang, aangesien dit baie vinnig versprei.
Dokter Sibongile Walaza, van SA se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, sê SARS-CoV-2 sirkuleer steeds in Suid-Afrika, en dat die opwagting van nuwe variante nie onverwags is nie.
Die Instituut sê daar is egter geen rede tot paniek onder Suid-Afrikaners oor die jongste virus-mutasie nie.
Studies toon daar is geen beduidende verskil in simptome van ander Omicron-variante nie. Volgens Walaza bestaan daar nie ‘n toename in hospitaal-opnames, of sterftes, wat met die nuwe variant verband hou nie.