Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het bevestig dat Panyaza Lesufi, David Makhura as Gauteng se premier sal vervang.

Ramaphosa het gister die media toegespreek op die kantlyn van die onderwysersvakbond SADTU se nasionale algemene raadsvergadering in Kempton Park in Gauteng.

Ramaphosa sê hy het volle vertroue in Lesufi, wat die ANC se Gautengse voorsitter is.

Terselfdertyd het Ramaphosa bespiegelings dat Makhura afgedank is van die hand gewys.

Hy sê Makhura het sy voorneme om sy amp te verlaat voor die einde van sy termyn openbaar gemaak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×