SA se 100m blits Mpumelelo Mhlongo het Sondagaand sy land se 1ste goue medalje by die Paralimpiese Spele ingepalm toe diè sneltrein in die T44 klas geseëvier het in ’n wentyd van 11.12 sekondes.

Mhlongo sal sy spanmaats Louzanne Coetzee en Kirsty Weir met diè prestasie aangemoedig het vir nog podiumplekke waar die Bloemfonteiner Coetzee ook deurgedring het na die finaal van die 1500m vir vroue in die T11 klas. Sy sal saam met haar gids Estean Badenhorst aantree om 10:11 (SA Tyd) vanoggend.

Om 12:40 sal Kirsty Weir ook in die driekamp finaal vir vroue aantree saam met 14 ander atlete in die PTS3 en PST4 klas waar daar geswem sal word vir 750m , gevolg deur ’n fietsren van 20km en afgesluit word met ’n wedloop van 5km.

MEDALJES:

#1 CHINA 33 27 11 71
#2 GROOT BRITTANJE 23 12 8 43
#3 VSA 8 11 8 27
#36 SUID-AFRIKA 1 0 0 1
GOUD SILWER BRONS TOTAAL
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×