Die siggestremde lang-afstand-hardloper Louzanne Coetzee het Maandagoggend na die podium teruggekeer en Suid-Afrika se tweede medalje van die Paralimpiese Spele in Parys behaal.
Coetzee, wat drie jaar gelede silwer in Tokio verwerf het, het brons in die T11 1500 m-eindstryd vir vroue opgeraap.
Dit nadat Mpumelelo Mhlongo die vorige aand vir Span SA se eerste medalje van die Parys-spele losgeslaan het deur goud in die mans se T77 100 m-eindstryd te wen.