Die Paralimpiese ster, Mpumelelo Mhlongo, gaan ‘n lekker bonus ontvang van Saskok vir sy prestasie by vanjaar se Spele.
Mhlongo het twee medaljes verower gedurende sy tyd in Parys.
Hy het goud gewen in die T44 100 meter resies, en brons in die T64 200 meter – wat hom onderskeidelik R400 000 en R75 000 verdien het.
Die 19-jarige Simone Kruger ontvang ook R400 000 vir haar goue medalje in die F38 diskus, terwyl Louzanne Coetzee, Pieter du Preez, Donald Ramphadi en Lucas Sithole elk R75 000 vir hulle onderskeidelike brons medaljes ontvang.