Span Suid-Afrika se veldtog by die Paralimpiese Spele het Donderdag begin met Shaun Anderson wat deelgeneem het aan die Boogskiet W1 afdeling.

W1 is vir boogskieters met matig aangetaste koördinasie, hoogs aangetaste bewegings omvang of die afwesigheid van ledemate.

Anderson het in die negende plek geëindig met ‘n telling van 639 – wat sy beste is die seisoen.

S.A se atlete wat Vrydag dopgehou moet word is:

ATLETIEK: Jaco Smit – 100m uitdunne (T12) ; Sheryl James – 200m-eindronde (T37)

SWEM: Nathan Hendricks – 100m rugslag-uitdunne (S13).

ROLSTOEL-TENNIS : Alwane Sikoshana – mans enkelspel 1ste ronde ; vroue dubbelspel 1ste ronde – Kgothatso Montjane en Mariska Venter ; kwad dubbelspel kwarteindronde – Donald Ramphadi en Lucas Sithole.

BOCCIA: Elanza Jordaan – vroue individuele spel (BC3) uitdunne ; Karabo Morapedi – individuele spel (BC3) uitdunne.

Die gewigstoter JL van Rensburg het Suid-Afrika se eerste medalje Woensdag verower toe hy silwer ingepalm het met ‘n persoonlike beste afstand van 20.74m

Suid-Afrika se twee naelloop sterre Bayanda Walaza en Bradley Nkoana het weer geskitter deur onderskeidelik goud en silwer by die 0.20 wereldkampioenskapsbyeenkoms in Lima , Peru los te gehardloop het.

Dit volg op diè duo se puik vertoning by die Parys Spele waar hulle silwer in die 100m aflos kon inpalm.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×