Drie pasgebore babas is onderskeidelik in Morningside en in die South Beach-omgewing in die middestad van Durban gevind.

ALS-paramedici het die een babatjie in ’n plastieksak aan die kant van ’n pad gevind, maar die ondersoek het geen tekens van lewe getoon nie.

In ’n afsonderlike geval het die metropolisie en ER24 op nog ’n toneel afgekom waar die liggame van ’n tweeling in ’n toilet gevind is.

Albei het geen tekens van lewe gehad nie.

Die besturende direkteur van ALS Paramedics, Garrith Jamieson, sê die polisie het die insident as ’n misdaadtoneel verklaar en dit word ondersoek.

Hy sê daar is ’n kommerwekkende toename in die weggooi van pasgebore babas in Durban.

Die polisie ondersoek beide die insidente.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×