Wat misdaad betref is Suid-Afrika ‘n baie gevaarlike plek om te woon en bewustheid, en selfs ‘n mate van paranoia, is nodig ten einde die kanse om ‘n misdaadslagoffer te word, te beperk. Dít aldus die misdaadondersoek-spesialis, Mike Bolhuis. Na aanleiding van ‘n 19-jarige meisie wat vroeër die week deur die Valke in Bloemfontein uit mensehandel gered is, het Bolhuis gesê mense kan nie versigtig genoeg wees met die inligting wat hulle op sosialemedia deel of wie hulle daar vertrou nie. Die meisie is glo op sosialemedia gewerf toe daar aan haar beloftes van ‘n werk in ‘n ander stad gemaak is. Ontvoerings in Suid-Afrika het die afgelope tien jaar meer as verdubbel. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×