Parkrun vier Woensdag sy 20ste verjaarsdag.

‘n Man met die naam Paul Sinton-Hewitt het op die 2 Oktober 2004 ‘n Parkrun gemeenskapsgesondheidsprojek begin. In daardie stadium was dit die Bushy Park Tyd Toets genoem as gevolg van sy oorsprong in Bushy Park in London, Engeland. Dit is hernoem na Parkrun in 2008.

Die omliggende gemeenskap word uit genooi om gratis aan ‘n vyf kilometer afstand deel te neem vroeg op Saterdag oggende waarin oud en jonk kan deel neem teen hul eie pas. 

Sedertien het dit reg oor die wêreld versprei tot in Bloemfontein. Ons het tans drie Parkruns in ons omgewing met die naastes in Heidedal, Brandkop en Inibos. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×