Die parlement sê primêre gesondheidsorg moet eers verbeter word voordat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) reg geïmplementeer kan word.
Volgens ‘n berig op die parlement se webwerf, sê die voorsitter van die Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste, Desery Fienies dat hulle in gesprek is met die Departement van Gesondheid oor die implementering van NGV.
Fienies verduidelik dat NGV nie van die een dag op die ander sal gebeur nie, maar dat die regering moet begin deur primêre gesondheidsorg, insluitend geestesgesondheid, seksuele gesondheid en reproduktiewe sorg, te verbeter.
Sy beklemtoon ook die tekort aan personeel in die gesondheidstelsel, wat aangespreek moet word om NGV te ondersteun.
Die NGV beoog om gesondheidsorg vir almal in Suid-Afrika meer toeganklik te maak.