Landsburgers moet in hul Paasfees-gebede ook bid vir ‘n harmonieuse, nie-rassige en florerende Suid-Afrika. So het Lechesa Tsenoli, waarnemende Speaker van die Nasionale Vergadering en Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad vir Provinsies, in hul Paasboodskap gevra.

Hulle het ‘n beroep op Christene gedoen om vir die komende verkiesing te  bid vir vrede en eenheid. Die DA-leier, John Steenhuisen, het in sy Paasboodskap gesê Paasfees gaan ‘n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van SA se demokrasie vooraf. Hy het gevra dat mense sal bid vir ‘n vreedsame verkiesing, ‘n bestendige demokratiese oorgang en die hoop op vernuwing.

Velenkosini Hlabisa, die IVP president, het gesê hy dink aan die Liefde by die Kruis maar ook die angs en verwarring van mense by die Kruisiging. Dit het hom laat dink aan die vrees en hartseer waarin so baie Suid-Afrikaners vandag leef. Suid-Afrikaners leef sonder hoop en dit is verstaanbaar omdat so baie mense swaarkry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×