Lede van die parlement het die verantwoordelikheid om op te tree in die belang van boere en voedselsekerheid; en boere kan nie langer aan hul eie lot oorgelaat word nie. Maroela Media berig die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, het ʼn mosie in die parlement voorgelê vir die stigting van ʼn parlementêre ad hoc-komitee om ʼn behoorlike ondersoek te doen na plaasaanvalle en -moorde. Volgens hom hou boere die ekonomie aan die gang en sorg dat elke Suid-Afrikaner kos op die tafel het. Groenewald sê daar is vele redes om die voorkoms van plaasaanvalle op die parlementêre agenda te plaas. Hy verduidelik enkele hiervan is die kardinale rol van die landbousektor tot die land se bruto binnelandse produk en werkskepping. Volgens hom is die heel belangrikste egter die mense wat in die aanvalle vermoor en beseer word. Die ACDP het daarop gewys dat geweldsmisdaad in die land onaanvaarbare vlakke bereik het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×